BUY, SELL OR RENT

About Us

AGENTS

Our hardworking team

_1GC6439Gerhard Coetzer Photography (1)
Louise Meiring

Louise is gebore in Senekal in die Vrystaat. Sy is die afgelope 17 jaar in Hartenbos woonagtig en is die trotse ma van twee Potchefstroom-studente. Louise en Marietjie werk sedert 2007  saam in die eiendomsbedryf.

Marietjie
Marietjie Van der Vyver

Marietjie is in Hartenbos, Mosselbaai gebore en getoë. Sy is die enigste dogter in ‘n gesin van vier kinders. Sy sê sy was nog baie jonk toe sy reeds geweet het dat sy eendag in ‘n koop-en-verkoop besigheid betrokke sal wees. 

The Coastal Town Of Mossel Bay

Marietjie Eiendomme

Marietjie Eiendomme doen sedert 1990 sake in Mosselbaai en omgewing. Die Eienaar/Prinsipaal, Marietjie Coetzee, is egter ‘n ou bekende in hierdie bedryf. Sy het in 2002 die eiendomsmark betree en haar kwalifikasie, MPRE bekom, sodat sy ‘n omvattende en professionele diens aan haar kliënte kan lewer.

Marietjie is in Hartenbos, Mosselbaai gebore en getoë. Sy is die enigste dogter in ‘n gesin van vier kinders. Sy sê sy was nog baie jonk toe sy reeds geweet het dat sy eendag in ‘n koop-en-verkoop besigheid betrokke sal wees. 

Marietjie het kleintyd begin om as entrepreneur te woeker.  Vakansietye het sy gewerk vir sakgeld, en dan probeer om op een of ander manier daardie geld te verdubbel.  Sy sou byvoorbeeld glasies koeldrank, lekkergoed en vrugte aan mense verkoop wat voor hul huis verbystap.

‘n Liefde vir huise het ook vroeg reeds begin ontwikkel.  As kind het sy vloerplanne buite in die grond geteken, en haar dan verbeel dit is haar huis. Geleidelik het ‘n passie vir binne-versiering ook posgevat, toe hierdie huisies-sonder-mure, met enige denkbare voorwerp mooigemaak moes word.

Marietjie sê dat sy steeds in haar gedagtes die mure van die huise wat sy bemark, afbreek, meubels rondskuif en dan, as die prentjie mooi georden is, deel sy graag haar visie met die voornemende kopers sodat hulle die volle potensiaal van die eiendom kan visualiseer.

Sy beskryf dit as ‘n seën en die grootste voorreg om die “Paradys,” soos baie nuwe inwoners hierdie area beskryf, haar tuiste te kan noem. Haar lang geskiedenis met die area is goud werd in haar bedryf. Sy besef dat die koop of verkoop van ‘n eiendom vir almal gewigtige besluite inhou.  Daarom is sy passievol oor wat sy doen, en streef daarna om elke onderhandelingsproses op so ‘n manier te fasiliteer dat die belange van beide partye beskerm word.

Dat Marietjie Eiendomme voldoen aan hulle missie om eerlike en kwaliteitdiens te lewer, word beaam in die terugvoering van hierdie twee kliënte.

Marietjie se staatmaker kollega, Louise is gebore in Senekal in die Vrystaat. Sy is die afgelope 17 jaar in Hartenbos woonagtig en is die trotse ma van twee Potchefstroom-studente. Louise en Marietjie werk sedert 2007  saam in die eiendomsbedryf.

Sy is ook ‘n ten volle gekwalifiseerde eiendomskonsultant wat met groot sukses haar passie uitleef.  Louise is bekend vir haar professionele diens en is geliefd onder haar kliënte. Vele kan getuig van die ekstra myl wat sy met ‘n huppel in die stap saam met hulle geloop het. Sy ontsien geen moeite om oplossings vir probleme te vind nie, ‘n eienskap wat handig te pas kom in haar werk in die korttermyn-verhuringsomgewing. Hierdie jarelange steunpilaar van Marietjie Eiendomme, is ‘n aanwins vir die besigheid, en haar kliënte besing graag haar lof. 

Louise beskryf haarself as ‘n positiewe persoon wat daarna streef om ‘n positiewe verskil in mens se lewens te bewerkstelling.  “My werk is my trots.  Lojaliteit en eerlikheid is my leuse!”

Hulle werksetiek word deur hierdie prokureursfirmas, met wie hulle gereeld sake doen, onderskryf.