Onbeperkte potensiaal – ‘n klipgooi van die Riviera Hotel en Hartenbosrivier

R 2 990 000

Spesifikasie
Kenmerke
Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, En suite, Teël Vloere, Kombuis met op was area, Gaste Toilet, Dubbel Wasbak, Oond en Kookplaat
Beskrywing
Stel jou voor…’n rustige wandelinge na die nabygeleë Hartenbos-strand, waar die sagte deining van golwe jou uitnooi vir ‘n dag van son en pret.
As jy nog altyd daaroor gedroom het daaroor om ‘n kuswoning te besit, nooi ons jou uit om hierdie bekoorlike 3-slaapkamer woning, geleë in ‘n gesogte
deel van Hartenbos te ontdek. Die eiendom is net ‘n klipgooi van die skilderagtige Hartenbosrivier en die stylvolle Riviera Hotel, en bied onbeperkte
potensiaal, sjarme en gerief.

Die kombuis is ontwerp vir funksionaliteit en kulinêre inspirasie. Volop ingeboude kaste, ‘n dubbele opwasbak, en ingeboude oond en stoof is jou
verhoog waar jy heerlike someretes of warm winterbredies kan voorberei.

Aangrensend aan die kombuis, kan jy vanaf die ruim leefarea na ‘n gesellige onderdak stoep verskuif vir ‘n vroegoggend ontbyt of afkoel met ‘n
skemerkelkie na die dag se pret en plesier op die strand.

‘n Pluspunt van die eiendom is die tweede leefarea met ‘n ingeboude braai.

Geen reënbui of wind sal jou dus keer om ‘n vleisie op die kole te gooi en ‘n genotvolle aand saam met vriende en familie deur te bring nie.
Die subtiele, neutrale palet van die binneafwerking laat jou toe om jou unieke dekorstempel op jou woning af te druk. ‘n Kombinasie van hout- en teël vloere
is prakties en maklik om te onderhou.

Met drie slaapkamers en drie badkamers is hierdie onberispelike Nutec-vakansiehuis nie net ‘n oase vir onvergeetlike gesinsvakansies nie. Die eiendom
is ewe geskik om as jou permanente woonplek te dien, of as ‘n winsgewende beleggingsgeleentheid vir beide lang- en korttermynverhuring.

Die ligging van hierdie eiendom is onverbeterlik. Van die beroemde Hartenbos-amfiteater tot ATKV-ontspanningsfasiliteite, restaurante, inkopiesentrums, en
ongerepte strande – alles is binne maklike bereik.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Jou droomhuis wag. Kontak ons nou om ‘n besigtiging te reël en maak hierdie uitstaande eiendom jou eie stukkie kusparadys.
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring