‘n Woning in Hartenbos met ‘n Ligging om van te Droom!

R 4 147 500

Spesifikasie
Kenmerke
Kombuis met op was area, Gaste Toilet, Ingangsportaal, Gesinskamer met Binne-braai, 3 Reënwatertenks, Stoorkamer (Buite)
Beskrywing
Die Tuinroete bly steeds een van Suid-Afrika se mees gewilde semigrasie-bestemmings. As jy dus deel wil word van die groeiende aantal mense wat nou hulle voet in die deur wil kry, is hierdie 4-slaapkamerhuis in Hartenbos dalk net waarna jy soek.

Die ligging van hierdie hoekerf-eiendom is onverbeterlik. Alhoewel die eiendom in ‘n stil woonbuurt geleë is, is jy binne stapafstand van die beroemde Hartenbos Seefront, winkels, restaurante, ‘n laerskool, mediese fasiliteite en vermaaklikheidsgeriewe.

Die groot, gevestigde tuin bied hope veilige speelplek vir kinders en ‘n rustige area vir die volwassenes om ‘n koel lafenis te geniet. Drie reënwater tenks verlig die afhanklikheid van munisipale water en hou die tuin heeljaar groen. Bo en behalwe die dubbel motorhuis, is daar nog ruim oop spasie waar addisionele voertuie, bote of ‘n karavaan geparkeer kan word.

Met die intrapslag sal jy besef dat hierdie woning ideaal is om jou gesin gerieflik te akkommodeer – of dit nou julle permanente woning is, of ‘n geliefde vakansiebestemming.

Die privaat sitkamer, kan ewe goed dien as studeerkamer of huiskantoor. Die oopplan-uitleg verbind die kombuis, sitkamer, en leefarea, wat ‘n gevoel van eenheid skep. Die afsonderlike opwaskamer is natuurlik ‘n welkome pluspunt, en die groot gesinskamer met ‘n binnebraai, skep die perfekte ruimte vir gesinsaktiwiteite en om gaste te onthaal – winter en somer.

En dan is daar nog ‘n bonus! ‘n 1-Slaapkamer woonstel op die erf skep die geleentheid om ‘n inkomste te genereer wat jou kan help om onderhoudskostes en belastinguitgawes te dek. Die eenheid met sy eie koopkragmeter het ‘n aparte ingang, oopplan kombuis / leefarea, en een badkamer (stort, toilet en wasbak.) Met huurpersele wat al hoe gewilder raak in hierdie streek, sal jy nooit sukkel om huurders te kry nie.

Die uitstekende laerskool wat net ‘n klipgooi van hierdie eiendom geleë is, maak dit ‘n gesogte woning vir gesinne met jong kinders. Maar, veelsydigheid is hier die wagwoord! Of jy nou op soek is na ‘n gerieflike gesinshuis, ‘n inkomste-genererende belegging met uitstekende lang- en korttermyn verhuringspotensiaal, of ‘n rustige vakansiewoning, hierdie eiendom voldoen aan al die vereistes.

Moenie hierdie geleentheid misloop om ‘n uitstekende eiendomsbelegging in Hartenbos te maak nie—kontak ons vandag nog om ‘n besigtiging te reël.
Marietjie
Marietjie Van der Vyver