Veiligheid en Gerief in die Hartenbos Paradys!

R 2 400 000

Spesifikasie
Kenmerke
Aluminium Vensterrame, Plaveisel, Omheinde Erf, Ingeboude Kaste, Toegangshek, En suite, Swembad, Koopkrag, Tennisbane, Blinders voor alle vensters, Steenmure met houtbekleding buite, Buitebraai
Beskrywing
‘n Karavaan- en kampeervakansie val beslis nie in almal se smaak nie. As jy dus meer gerief vir jou gesinsvakansie verkies, is hierdie eiendom dalk net waarna
jy soek. Begin gerus droom oor jou kusavontuur met hierdie juweel wat geleë is in ‘n gesogte sekuriteitskompleks in die immer-gewilde vakansieparadys van Hartenbos. Die eiendom se potensiaal bied egter meer as net jou droomvakansiebestemming! Dit is ook ‘n slim beleggingsgeleentheid, of jou
permanente woning vir aftrede.

Die neutrale elegansie van die mure, ingeboude kaste, en vloerteëls in skakerings van sagte grys tot sandkleure en terracotta sal jou persoonlike
dekorstyl komplimenteer. Die aardse kleure pas ook pragtig aan by die buite-afwerking van siersteen en houtbekleding.
Hierdie enkelvlak, eie-titel eiendom het drie slaapkamers, met die gerief van ‘n hoofslaapkamer met ‘n en-suite badkamer, sowel as ‘n ruim gastebadkamer.

Moderne vloerteëls regdeur die huis verseker praktiese gerief en lae instandhouding, wat meer tyd vir ontspanning beteken.

Veiligheid en sekuriteit binne die omheinde kompleks word verhoog met toegang deur ‘n afstandbeheerde hek. Voeg daarby die luukse van ‘n
tennisbaan en ‘n skitterende swembad, veilig weggesteek agter beskermende mure vir eksklusiewe gebruik van die inwoners.
Vakansiegangers weet dat Hartenbos besig raak tydens vakansietye, maar hierdie kompleks bied ‘n rustige atmosfeer. En tog is alles wat jy nodig het
binne maklike bereik, wat die noodsaaklikheid van lang ritte uitskakel.

Inwoners kan stap na twee klein inkopiesentrums, wat ‘n mini-mark, ‘n haarkapper, dokter, fisioterapeut, en selfs ‘n tandarts bied!
‘n Kort rit neem jou tot by Hartenbos se besigheidskern, ‘n puik laerskool, die bedrywige strandfront, ‘n gewilde waterpark, en ‘n verskeidenheid restaurante en ontspanningsgeriewe.

Hierdie woning gaan beslis harte verower en vinnig verkoop. Moet dus nie die geleentheid deur jou vingers laat glip om gerieflike vakansies vir jou en jou
gesin te bekom of ‘n slim eiendomsbelegging te maak nie. Kontak ons vandag nog om ‘n besigtiging te reël en word deel van die Hartenbos paradys!
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring