Prima Ligging: Beleef die Hart van die Aksie in Hartenbos!

R 2 550 000

Spesifikasie
Kenmerke
Ingeboude Kaste, Teël Vloere, Swembad, Swembad en lapa binne veilige omheinde area, Braaigriewe op grasperke en by swembad of braai op balkon met gasbraaier
Beskrywing
Is jy iemand wat floreer op die lewendige energie van bedrywige aktiwiteite? As dit die geval is, het ons ‘n buitengewone woonstel vir jou om te ontdek.

Hierdie onberispelike woonstel in die gesogte Alikreukel veiligheidskompleks spog met ‘n primaligging. Geleë reg oorkant die Hartenbos Seefront Winkelsentrum, plaas hierdie eiendom jou reg in die middel van al die aksie.

Hier kan jy eenvoudig jou motor parkeer en ‘n wêreld van eindelose moontlikhede binne stapafstand bereik. Die Seefront-kompleks bied ‘n verskeidenheid geriewe, van kruideniersware tot restaurante, bekoorlike geskenkwinkels, boetieks, en ‘n oorvloed vermaaklikheid vir die jongspan. Hulle sal hulle gate uit geniet by die uitgestrekte water- en speelpark, of op die strand baljaar terwyl jy elke oomblik van jou verblyf kan geniet sonder die stres van verkeer.

En moenie die asemrowende wandelpad vergeet nie. Dit is perfek vir vroeë oggendstappies of romantiese wandelings teen sonsondergang.

Maar kom ons verken die binnekant van die woonstel…

Met die intrapslag, word jy begroet deur neutrale, ligte aardse skakerings wat ‘n rustige agtergrond skep vir jou persoonlike dekorstyl.

Die sitkamer bied ‘n gesellige toevlugsoord om te ontspan na ‘n dag van son-en-see avonture. Skuif die glasdeure oop en stap uit op die balkon, wat toegemaak is met glas skuifvensters om beskerming teen die seebries te bied. Hier kan julle ‘n skemerkelkie geniet met die opsie om te braai, indien jy van ‘n gasbraaier gebruikmaak.

Aangrensend aan die sitkamer is die kombuis, toegerus met moderne geriewe, sodat julle in ‘n japtrap heerlike etes kan voorberei.

Die twee slaapkamers is albei toegerus met ingeboude kaste vir volop bergspasie. Die badkamer, wat beide kamers bedien, het ‘n stort, wasbak, en toilet.

As jy lus is om die sout seewater af te spoel, is daar binne die grense van die kompleks ‘n sprankelende swembad en lapa. En wat kan nou lekkerder wees as om van die braaigeriewe op die lowergroen grasperke gebruik te maak en deel te neem aan die gunsteling Suid-Afrikaanse tradisie – ‘n heerlike vleisie op die kole saam met vriende en familie.

Veiligheid is ‘n prioriteit in die kompleks wat in geheel omring is met muur/pallisade omheining en addisionele geëlektrifiseerde heinings. Toegang tot die kompleks word verkry deur ‘n afstandbeheerde hek, en sekuriteitskameras verskaf verdere gemoedsrus. Die glasvensters by die woonstelgange verskaf nog verdere sekuriteit en dien ook as beskutting op reëndae. Die voordeur van jou woonstel het ook ‘n veiligheidshek.

Die ongeëwenaarde ligging van hierdie eiendom, reg by die strand en oorkant die Hartenbos Seefront Winkelsentrum, maak hierdie eiendom ‘n hoogs gesogte belegging. Jy is verseker van uitstekende huurpotensiaal, vir beide kort- en langtermynverhuring. Danksy die sekuriteit en gerief van die kompleks, is dit ook die ideale toesluit-en-ry opsie as jou eie vakansiebestemming.

Moenie die geleentheid misloop om hierdie buitengewone eiendom jou eie te maak nie. Kontak ons vandag nog om ‘n privaat besigtiging te reël!
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring