Geniet die Rustige Lewe in Hierdie Stylvolle Klein Brakrivier Gesinswoning

R 3 395 000

Spesifikasie
Kenmerke
Diere Vriendelik, Tuin, Omheinde Erf, Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Dek, Hoek Erf, Dubbel Elektriese Motorhuis, En suite, Kombuis met op was area, Aparte wasgoed / opwaskamer, Gaste Toilet, Besproeiingstelsel
Beskrywing
Al lê die berge nog so blou…

Jy kan nie help om elke keer aan die ou liedjie te dink as jy op die houtdek sit en behaaglik aan jou stomende beker koffie teug nie. In die verte troon die staalblou bergreeks in asemrowende kontras met die donkergroen heuwels en grasgroen landerye in die voorgrond.

Dit gaan ‘n heerlike dag wees!

Hierdie pragtige 3-slaapkamer gesinswoning (260 vkm) in Fraaiuitsig, Klein Brakrivier, is ‘n hanetreetjie vanaf die gewilde vakansiedorp, Hartenbos, geleë. Maar hier, kan jy ontsnap van die geroesemoes van verkeer en vakansiegangers en die vrede en stilte van jou private toevlugsoord geniet.

Hierdie dubbelvlak woning is op ‘n hoekerf (709 vkm) gebou.

Die ontwerpers van die woning verdien beslis ‘n medalje, want hulle het aan alles gedink.

Veiligheid is vir almal belangrik. Hier kan jy gerus voel met ‘n alarmsisteem, diefwering, omheining en veiligheidshekke.

Buite word jy begroet deur ‘n welige groen voortuin, toegerus met ‘n besproeiingsisteem.

Plaveisel langs die sy- en agterkant van die huis, beteken jy hoef nie ure aan grassny te spandeer nie.

Die teëldak se kleur skakel pragtig in by die mengsel van siersteen en pleisterafwerking.

Maar kom gerus in…

Die 3 ruim slaapkamers het ingeboude kaste en elkeen eie on-suite badkamer.

‘n gaste toilet / wasbak word deur twee geysers van warm water voorsien.

Geen gevaar van ‘n koue stort vir enige iemand nie!

Die moderne kombuis is toegerus met meer as genoeg kaste, werksoppervlaktes van duursame graniet, ‘n ingeboude oond en kookplaat, en ‘n ontbythoekie. Op die koop toe, is daar ‘n aparte opwaskamer.

Die aangrensende eetarea verleen gerieflike toegang tot die buitedek, waar jy feestelike tye met familie en vriende kan deurbring.

Die groot tv/sitkamer het ‘n kaggel en hier is die beste nuus. Dit maak nie saak wat die weervoorspeller te sê het nie, jy sal altyd ‘n lekker tjoppie op die stylvolle binnebraai kan gooi.

Die braai is ook toegerus met ‘n toemaakdeksel van vlekvrye staal.

In hierdie huis het jy geen skilderye vir die mure nodig nie. Trek net die blinders bedags oop, want elke venster is ‘n raam vir ‘n asemrowende natuurtoneel.

Maar wag, dit is nie al nie…

Die woning maak gebruik van ‘n voorafbetaalde kragmeter Daar is ‘n dubbelmotorhuis met ‘n elektronies deur, en ‘n waskamer in die garage.

Nou kan ons aan niks anders dink om te sê nie, behalwe…opskud, opskud. Kontak ons vandag om na hierdie juweel te gaan kyk.
Marietjie
Marietjie Van der Vyver