Maak jou drome waar met ‘n huisie by die see

R 1 800 000

Spesifikasie
Kenmerke
Teëlvloere, Omheinde Erf, Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Kamers het matvloere, Toegangshek, Balkon, En suite, Swembad
Beskrywing
“Ek het ‘n huisie by die see…” sing Laurika Rauch! Droom jy ook van jou eie huisie-by-die-see? Wel, hier is ‘n geleentheid om jou droom in ‘n realiteit te omskep. Hierdie eiendom kan as jou permanente woning gebruik word, dit kan jou vakansiebestemming wees, of jy kan dit as ‘n belegging aanskaf en met kort- of langtermynverhuring ‘n uitstekende inkomste verdien.

Kyk net wat bied hierdie veelsydige wooneenheid wat baie sentraal in ‘n omheinde kompleks in Hartenbos geleë is…

* Afstandbeheerde toegangshek
* 3 Slaapkamers met ingeboude kaste
* 2 Badkamers – die badkamer by die hoofslaapkamer is en-suite met ‘n stort, wasbak en toilet. Die gastebadkamer het ‘n bad met ‘n stort in die bad, wasbak en toilet.
* ‘n Ruim oopplan leef- en kombuisarea – die kombuis is uitstekend beplan en het heelwat ingeboude kaste
* Daar is ‘n ingeboude braai op die balkon
* Die hele woonstel het vloerteëls behalwe in die slaapkamers, waar volvloermatte in ‘n neutrale skakering geinstalleer is.

Die eenheid het sy eie toesluit garage asook een afdak parkering. Die wooneenheid beslaan ‘n oppervlak van 91 vkm en die garage, 19 vkm. Munisipale erfbelasting van R299,00 per maand is tans betaalbaar, en die heffings beloop R1 472,00 per maand.

Die eiendom het weliswaar nie ‘n see-uitsig nie, maar bied ‘n pragtige berguitsig vanaf die gesellige kuierstoep. Die amptelike ry-afstand vanaf die see, is 600 meter, maar ‘n voetgangerspad bied ‘n korter roete na die strand, vermaaklikheidsareas en winkels.

Op die koop toe is daar ‘n pragtige swembad in die kompleks vir gebruik deur die inwoners. Die swembad word begrens deur groot gemeenskaplike grasperke waar die kinders na hartelus kan baljaar.

Die keuse is joune…

Permanente verbly vir jou en jou gesin, of dalk ‘n vakansie-by-die-see bestemming. ‘n Belegging vir die toekoms? Jy kan self besluit, maar moenie hierdie geleentheid misloop om jou drome uit te leef nie. Teen ‘n koste van R1,8 miljoen is hierdie eiendom uitstekende waarde vir geld in ‘n groeiende, gewilde semigrasie-bestemming in die Tuinroete.

Kontak ons vandag nog om besigtiging te reël.
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring