‘n Kusdorpjuweel in die Hart van Hartenbos

R 1 850 000

Spesifikasie
Kenmerke
Teëlvloere, Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Balkon
Beskrywing
Droom jy daarvan om ‘n eiendom in Hartenbos, in die Suid-Kaap, te besit? Hier is jou geleentheid om jou voet in die deur te kry en deel te word van die lewendige eiendomsmark in die Tuinroete.

Hierdie kusdorpjuweel is sentraal geleë in ‘n moderne, netjiese woonstelkompleks. Duur brandstof en ‘n gesoek na parkering? Nie in hierdie area nie, want jy bly ‘n klipgooi van die strandfront winkelsentrum en vermaaklikheidsareas.

Munisipale erfbelasting beloop tans R321,00 per maand en ‘n maandelikse heffing van R960,00 is betaalbaar. Die heffing dek geboueversekering, eksterne instandhouding, tuindienste, en alle skadunette, motorhuise en -afdakke.

Met die neutrale verf- en teëlkleure wat deurgaans gebruik is, kan jy jou verbeelding vrye teuels gee om die woning na jou smaak in te rig en te versier. Die groot skuifdeure en vensters, toegerus met duursame blinders, laat die natuurlike lig in elke vertrek instroom.

Hierdie pragtige 3-slaapkamerwoonstel is 94 vk.m. groot en bied ook die volgende:
– 1 Motorafdak
– 2 Badkamers, 1 vol en-suite, en die tweede badkamer met ‘n wasbak, toilet, en bad/stort kombinasie.
– Ruim, ingeboude kaste in die kombuis en slaapkamers
– ‘n Ingeboude braai op die balkon met sy heerlike kuierstoep

Vanaf hierdie hoekerf het jy ‘n pragtige uitsig oor die berge, en die eiendom se ligging maak dit veral geskik vir kort- of langtermynverhuring.

Of jy nou ‘n eerste huiskoper, of ‘n ervare eiendomsbelegger is, met hierdie eiendom is jy op die regte pad. Kontak ons vandag om ‘n besigtiging te reël, of vir meer besonderhede.
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring