5 Slaapkamer Huis Te Koop In Danabaai

R 3 780 000

Spesifikasie
Kenmerke
Teëlvloere, Studie, Diere Vriendelik, Plaveisel, Tuin, Omheinde Erf, Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Dubbel Elektriese Motorhuis, Siersteen Huis, Kamers het matvloere, Balkon, En suite, See-uitsig, Vesel Geïnstalleer, Toegangshek , Spens
Beskrywing
‘n Droomhuis vir Natuurliefhebbers in Danabaai

‘n See-uitsig vanuit bykans elke vertrek in die huis, loopafstand van die strand, en die opwinding van walviskyk gedurende Junie tot Oktober, is maar net ‘n paar van die pasellas van hierdie uitsonderlike eiendom in Danabaai. Op die koop toe ervaar jy die gemoedsrus om in ‘n dorp te bly wat bestuur word deur ‘n munisipaliteit wat al vele toekennings gewen het. Dan weet jy, jy is in die proses om een van die beste eindomsbeleggingsbesluite van jou lewe te neem.

Hierdie dubbelvlak, siersteenwoning (306 m²) is op ‘n 1 263 m² erf gebou, en het ‘n goed-gevestigde tuin. Huidige munisipale erfbelastingstariewe beloop R744 per maand.

Ander kenmerke van die eiendom, sluit in:
• Geen-onderhoud siersteen buitemure
• Teëldak
• Geteëlde vloere in alle vertrekke en volvloer-matte in die slaapkamers
• Ruim ingeboude kaste
• Dubbel motorhuis met afstandbeheerde deure asook genoeg buite-parkering vir ekstra voertuie
• Vesel Internetkonneksie beskikbaar

Veiligheidskenmerke sluit in:
• Diefwering
• Omheining
• Afstandbeheerde Toegangshek

Hierdie woning is ontwerp om ‘n groot gesin gemaklik te akkommodeer. Die spens, oopplan kombuis en eet-area is gerieflik op die onderste vlak geleë. ‘n Binnenshuise braaikamer verseker dat jy enige tyd van die jaar jou gunsteling vleissnit of vars vissie op die kole kan gooi.

Die braaikamer het ‘n skuifdeur wat uitloop op die tuin. Op hierdie vlak is daar ook ‘n slaapkamer en ‘n badkamer wat toegerus is met ‘n wasbak, stort, en toilet. ‘n Ekstra kamer kan gebruik word as slaapkamer, studeerkamer, of werk-van-die-huis kantoor.

Op die boonste vlak is nog drie slaapkamers. Die slaapkamers het elkeen ‘n skuifdeur wat uitloop op ‘n balkon. Daar is ‘n goeie kans dat jy kan sit en kyk hoe ‘n skool dolfyne in die branders baljaar terwyl jy jou oggendkoffie op die balkon geniet. Of, teen die einde van die dag kan jy hier ontspan en die beroemde, asemrowende somer-sonsondergange van Danabaai geniet. Die hoofslaapkamer op hierdie vlak het ‘n volledige en-suite badkamer. Die ander twee slaapkamers deel ‘n badkamer wat toegerus is met ‘n wasbak, stort, toilet en bad.

En gepraat van pasellas, ons het vergeet om jou te vertel dat Danabaai ‘n erkende bewarea is waar ‘n verskeidenheid kusfynbos en vrylopende diere soos bosbokkies, tarentale, en skilpaaie aangetref word. Danabaai beskik oor ‘n hele aantal winkels en geriewe soos restaurante, ‘n vulstasie, mini-mark kruidenierswinkel, geskenkwinkels en vele meer. Hierdie woonbuurt van Mosselbaai is naby geleë aan die groter inkopiesentrums in Mosselbaai, Hartenbos en George, asook ‘n netwerk van uitstekende mediese dienste.

As dit jou droom is om die vreugdes van ‘n kuslewe met jou gesin te deel, jy graag nader aan die natuur wil lewe, maar ook moderne tegnologiese, mediese en besigheidsfasiliteite benodig, moet jy nie hierdie geleentheid deur jou vingers laat glip nie. Kontak ons vandag om ‘n besigtiging te reël.
_1GC6439Gerhard Coetzer Photography (1)
Louise Meiring