6 Slaapkamer Huis Te Koop In Hartenbos Sentraal

Spesifikasie
Kenmerke
BIC, Teëlvloere, Aluminium Vensterrame, Studie, Diere Vriendelik, Plaveisel, Tuin, Omheinde Erf
Beskrywing
WAARDE VIR GELD IN DIE HARTJIE VAN HARTENBOS

Opsoek na ‘n waarde-vir-geld eiendomsbelegging in die immer gewilde Hartenbos? Kyk net wat hierdie diere-vriendelike eiendom alles bied…

● Sentraal geleë – ‘n klipgooi van die Spar Winkelsentrum, apteke, dokters, tandartse, Laerskool Hartenbos, en Hartenrus Aftree-oord
● Twee 3-slaapkamerhuise (totale grootte 400 vkm.) op ‘n erf van 1 307 vkm.
● Elke huis het 2 badkamers, 2 afdakke wat groot genoeg is vir 4 motors, diefwering, en Trellidor veiligheidshekke.
● Daar is ook ‘n motorhuis op die eiendom vir 3 voertuie.

Hierdie eiendom is op ‘n hoekerf geleë en beide huise het teëlvloere en aluminium vensterrame. Die neutrale kleurskakerings wat vir die stylvolle afwerkings gebruik is, sal maklik by enige dekorstyl aanpas. Die ruim vertrekke en groot aantal ingeboude kaste verseker ‘n gerieflike leefstyl vir enige gesin.

Die beste nuus het ons vir laaste gehou! Hierdie eiendom is uiters geskik vir kort- en/of langtermynverhuring. Daar is ook ‘n opsie om die langtermynhuurders oor te neem, indien verkies.

Gou spring, want hierdie eiendom gaan vinnig verkoop!
_1GC6439Gerhard Coetzer Photography (1)
Louise Meiring