Moderne Grondvloer Woonstel in Gesogte Omheinde Kompleks in Hartenbos

R 2 200 000

Spesifikasie
Kenmerke
Omheinde Erf, Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, En suite, Teël Vloere, Oopplan kombuis, leef- en eetarea, Onderdak stoep met braai, Grondvloer eenheid, Meubels ingesluit soos per inventaris
Beskrywing
ALLEENMANDAAT

Met die eerste oogopslag sal jy verlief raak op hierdie moderne, ruim grondvloerwoonstel in die pragtige Villa Pirogue-kompleks en sommer dadelik wil intrek. Die netjiese kompleks met sy rye palmbome langs die sypaadjie, lowergroen grasperke en goed beplande klein tuintjies, skep ‘n natuur-oase wat jou siel tot rus sal laat kom.
Hierdie onberispelike kompleks is in ‘n stil straat geleë, maar binne ‘n paar kilometer van alle geriewe wat jy kan nodig hê.

Die Hartenbos Seefront-kompleks bied ‘n verskeidenheid geriewe, van kruideniersware tot restaurante, bekoorlike geskenkwinkels, boetieks, en ‘n oorvloed vermaaklikheid vir die jongspan. Dit is waarom Hartenbos beslis as een van die mees gesogte juwele in die kroon van die Tuinroete beskou word.

Binne die Woonstel
• Dekor: Warm terracotta vloerteëls regdeur die eenheid kontrasteer pragtig met die sagte aardse skakerings van die ingeboude kaste en verfkleure. Dit skep ‘n neutrale palet wat jou vrye teuels sal gee om jou eie dekorstempel af te druk. ‘n Bonus is dat die meeste vensters reeds met naaswit vertikale blinders toegerus is.
• Kombuis: Die kombuis is goed beplan en toegerus met ‘n groot hoeveelheid ingeboude kaste wat ook ruimte bied vir ‘n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die oopplan uitleg tussen kombuis, leef- en eetarea verseker dat niemand ooit enige van die aksie hoef te mis nie.
• Vanuit die groot skuifdeur in die leefarea stap jy uit op ‘n gesellige kuierstoep. Hier is ‘n ingeboude braai en bergruimte vir hout en roosters agter netjiese deure weggesteek. Die stoep grens aan die lowergroen grasperke, so die kinders kan heerlik onder jou toesig op die gras baljaar terwyl jy braai.
• Slaapkamers: Die drie slaapkamers is ruim met ingeboude kaste. Groot vensters laat sonlig by die kamers instroom. Die hoofslaapkamer het ‘n en suite badkamer en ‘n addisionele badkamer bedien die ander twee kamers.

Parkering
Die woonstel beskik oor sy eie afdak parkering en addisionele parkering, ook vir gaste, is reg voor die kompleks op die sypaadjie beskikbaar.

Met drie slaapkamers en twee badkamers bied hierdie eiendom ‘n verskeidenheid opsies. Dit kan jou aftreetuiste wees met genoeg ruimte om besoekers te akkommodeer. Dit is ideaal vir ‘n jong gesin, met ‘n laerskool net ‘n klipgooi ver. As vakansiebestemming vir jou gesin, sal jy nie vir beter kan wens nie. En, as eiendomsbelegging is dit ‘n uitstekende keuse, aangesien die eenheid baie goeie verhuringspotensiaal het.

Moenie die geleentheid misloop om hierdie buitengewone eiendom jou eie te maak nie. Kontak ons vandag nog om ‘n privaat besigtiging te reël!
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring