Eindomsbelegger? Dan het jy nou die Boerpot gewen!

R 1 590 000

Spesifikasie
Kenmerke
Plaveisel, Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Toegangshek, Balkon, Teël Vloere, Koopkrag
Beskrywing
Oorweeg jy dit om ‘n eiendom vir beleggingsdoeleindes aan te skaf? Dan moet jy beslis verder lees…

Dit is alombekend dat die Tuinroete een van die gewildste vakansiebestemmings in Suid-Afrika is. Op die koop toe, het baie eiendomspesialiste hierdie area nou ook op hulle lys van witwarm semigrasie areas gevoeg.

Kan jy jou iets beter voorstel as om ‘n eiendom in ‘n goed-bestuurde, groeiende munisipaliteit te besit? Dan het jy mos die boerpot gewen!

Op die tweede vloer van ‘n komplek in Hartenbos, Mosselbaai, het ‘n eindomsbelegger se droom pas in die mark gekom. Aangesien hierdie 2-slaapkamer woonstel ‘n hoekeenheid is, is dit groter as die ander eenhede in die kompleks, en bied dus ook meer privaatheid.

Die binne-afwerking, van die kleur van die verf, tot die teëls op die vloer, is met sorg gekies om ‘n moderne, dog neutrale en vars agtergrond te skep vir enige dekor idees. Al die vloere van die woonstel is met dieselfde teëls toegerus, en dit skep ‘n gevoel van vloeibaarheid en ruimte.

Albei slaapkamers het ruim ingeboude vloer-tot-plafon kaste. Die groot vensters met aluminium rame, verseker dat daar genoeg natuurlike lig in die vertrekke instroom, maar die sonlig kan maklik met die verstelling van die blinders beheer word.

Die kombuis getuig van die sorg waarmee die ontwerp-elemente van hierdie eenheid onderneem is. Die u-vormige uitleg van die kombuiskaste vorm ‘n subtiele skeiding tussen die kombuis en die sitkamer. Aan die sitkamer se kant, verskaf die toonbank ‘n gerieflike eetarea. Ander treffer kenmerke van die kombuis, sluit in: ‘n dubbel opwasbak; ‘n skottelgoeddroogarea; spasie vir ‘n wasmasjien; en ‘n ingeboude oond en 4-plaatkookeenheid met suigwaaier.

Die sitkamer verleen toegang tot die balkon, waar daar ‘n ingeboude braai is – ‘n bonus vir elkeen wat in ‘n tweedevloer wooneenheid bly.

Toegang tot die kompleks word verkry deur ‘n afstandbeheerde hek, en een onderdak parkering is vir die eenheid gereserveer.

So, wat kan jy van jou belegging verwag? Aan die lang-termyn kant, bied die ligging, naby aan die plaaslike laerskool, verskeie mediese diensverskaffers, en vele besighede, vele opsies. Langtermyn huurders kan insluit, die pasgetroude paartjie wat nog nie hulle eie eiendom kan bekostig nie; die nuwe juffrou by die skool wat veilige akkommodasie soek, die enkel professionele persoon wat dalk die tweede slaapkamer vir ‘n werk-van-huis kantoor wil gebruik.

Aan die ander kant, die eenheid is net 2 km geleë vanaf die Hartenbos strandoord en verskeie vermaaklikheidsopsies. Hierdie eenheid sal ‘n gesogte vakansie-akkommodasie bestemming wees.

In die snel-groeiende verhuringsmark verdien hierdie netjiese eiendom wat teen ‘n baie goeie prys aangebied word, beslis oorweging. Moenie uitstel nie, kontak ons vandag vir meer inligting of om ‘n besigtiging te reël.
_1GC6361Gerhard Coetzer Photography
Marietjie Van der Vyver