Jou brood word aan albei kante gebotter in lieflike Island View, Mosselbaai

R 2 300 000

Spesifikasie
Kenmerke
Diere Vriendelik, Plaveisel, Omheinde Erf, Bergsig, Dubbel Elektriese Motorhuis, Teël Vloere, Gedeelte Nutec en Stene, Kombuis met op was area, Aparte wasgoed / opwaskamer
Beskrywing
Dink net, ‘n eiendom in ‘n gesogte, goed ontwikkelde buurt in die Munisipaliteit van Mosselbaai teen ‘n baie redelike prys!

Island View is sentraal geleë tussen Hartenbos en die besigheidskern van Mosselbaai. Hierdie idilliese uitbreiding het ‘n landelike gevoel, en tog is jy slegs
minute weg van die N2 en Langeberg Winkelsentrum.

Die pragtige gesinswoning is op ‘n omheinde hoekerf geleë wat 777 vkm beslaan.
Die eiendom spog met ‘n verruklike uitsig oor die berge, ‘n goed versorgde tuin, en ‘n gesellige buite-onthaalarea.

Die konstruksie van die 150 vkm woning is ‘n kombinasie van Nutec en gepleisterde steenafwerking. Daar is ook ‘n dubbelmotorhuis en huidige
erfbelasting beloop R307,03 per maand.

Kom ons gaan loer nou na die binnekant van die huis…

* 3 Slaapkamers met ingeboude kaste
* 3 Badkamers – geen gewag in die oggend om ‘n beurt in die badkamer te kry nie!
* ‘n Oopplan kombuis / sit / eet area
* Die moderne kombuis, met genoeg pakplek en werksoppervlaktes, het ‘n ingeboude stoof en glasblad kookplaat.
* ‘n Aparte wasgoed / opwaskamer is gerieflik langs die kombuis ingerig
* ‘n Groot linnekas in die gang

Hierdie eiendom is teen ‘n baie redelike prys op die mark geplaas. Moet dit nie deur jou vingers laat glip nie. Kontak ons vandag vir meer inligting en om ‘n
besigtiging te reël.
_1GC6361Gerhard Coetzer Photography
Marietjie Van der Vyver