‘n Opwindende geleentheid in Hartenbos – jou sleutel tot ‘n veelsydige leefstyl!

R 1 780 000

Spesifikasie
Kenmerke
Aluminium Vensterrame, Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Teël Vloere, Swembad, Koopkragmeters, Afdak met addisionele spasie vir klein treiler, Konstruksie – steenmure met houtbekleding buite, Kombuis toegerus met ‘n ingeboude gas kookplaat en elektriese oond, Swembad en Tennisbane vir gebruik van inwoners
Beskrywing
Het jy al ooit van ‘n verkleurmannetjie-eiendom gehoor? Hierdie woning pas aan by elke eiendomsbehoefte waaroor jy kan droom! Of jy nou ‘n beleggingsgeleentheid, ‘n vakansiehuis, of jou aftreeplekkie soek, hierdie eiendom het dit alles.

Die onberispelike, dubbelvlak eiendom is geleë in die gewilde Fonteinepark Sekuriteitskompleks in Hartenbos.

Kom ons kyk wat hierdie woning werklik besonders maak…

Met die intrapslag word jy begroet deur ‘n harmonieuse vermenging van neutrale kleure – van die mure en ingeboude kaste, tot by die teëls, die stylvolle binneafwerking laat jou toe om moeiteloos jou persoonlike stempel te kom afdruk.

Die woning bied drie gemaklike slaapkamers – twee op die boonste, en een op die onderste vlak, met ‘n volledige badkamer.

Op die onderste vlak, lei ‘n oopplan-kombuis, eetkamer en sitkamer, na ‘n onderdak patio met ‘n ingeboude braaiplek – ideaal vir gesellige kuiers met vriende en familie. En moenie die slim bêreplek vir braaihout miskyk nie!

Die kombuis is ‘n paradys vir ‘n sjef, met ‘n gerieflike opwas-area, ingeboude oond, gas kookplaat, en ‘n waaier. Voldoende kaste en werksoppervlaktes verseker dat kosmaak in hierdie kombuis net ‘n plesier sal wees.

Buite, skep ‘n beskutte afdak, met addisionele spasie vir ‘n sleepwaentjie, beskerming vir jou voertuig. Die aangrensende stoorkamer bied genoegsame bergplek vir al jou tuin- en strandbenodigdhede.

Veiligheid is van die uiterste belang binne die omheinde kompleks, waar toegang vlot beheer word deur ‘n afstandbeheerde hek. Nog ‘n bederf in die kompleks is ‘n tennisbaan en ‘n glinsterende swembad, weggesteek binne beskermende mure vir inwoners se gebruik.

Die ligging van die eiendom verseker dat alles wat jy nodig het net ‘n klipgooi ver is. Van winkelsentrums tot noodsaaklike dienste, strandvermaak en ‘n gewilde wandelpad, Hartenbos het alles, wat verseker dat jy minder tyd spandeer aan pendel en meer tyd het vir die lewe se kosbare oomblikke.

Ons voorsien dat hierdie eiendom vinnig gaan verkoop. Moet dus nie die geleentheid deur jou vingers laat glip nie – kontak ons vandag om die eiendom te besigtig en jou plek in die paradys in Hartenbos te verseker!
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring