Kuskalmte in Tergniet: Jou Kusdroom Wag!

R 3 150 000

Spesifikasie
Kenmerke
Aluminium Vensterrame, Diere Vriendelik, Plaveisel, Tuin, Ingeboude Kaste, Balkon, Spens, See-uitsig, Kombuis met op was area, Aparte wasgoed / opwaskamer, Koopkragmeters, Aparte watermeters, Geplaveide Opritte
Beskrywing
Ken jy die skilderagtige kusdorpie, Tergniet, langs die pragtige Tuinroete? Dit is net ‘n klipgooi weg van die aanliggende gebied van Mosselbaai, maar Tergniet is jou wegkruipplek! ‘n Ontsnap-roete, ver genoeg van die besige, groter dorpsentrum geleë, maar naby genoeg om maklike toegang tot winkels, restaurante, mediese fasiliteite en ander geriewe te bied.

Maak gereed om ‘n unieke geleentheid met vele moontlikhede te ontdek in hierdie pragtige duet-woning. Jy sal saamstem, hierdie is nie net ‘n woning nie, maar ‘n leefstyl waarna baie mense smag.

Kom ons verken hierdie pragtige eiendom, met twee afsonderlike eenhede wat sorgvuldig ontwerp is vir die uiterste gerief en gemak…

Geleë op ‘n ruim 1,175 vierkante meter erf, bied hierdie wonings die perfekte kombinasie van spasie en funksionaliteit. Die binne-afwerking van neutrale skakerings skep ‘n moderne en ligte atmosfeer.

Beide eenhede het elk drie ruim slaapkamers met ingeboude kaste, en oopplan leefareas wat vloei na balkonne met see-uitsigte—’n hawe waar jy kan ontspan.

Die moderne kombuise is toegerus met ingeboude Defy-oonde en baie ingeboude kaste. Jy sal beslis ook die gerief van die verskuilde opwas- en wasgoed-area waardeer, diskreet weggesteek van die oopplan sit/eetkamer.

Die groter eenheid, wat 183 vierkante meter beslaan, bied drie slaapkamers, insluitend ‘n hoofslaapkamer met ‘n en suite badkamer, ‘n addisionele badkamer, teëlvloere regdeur, en ‘n dubbel motorhuis.

Die kleiner eenheid, wat 157 vierkante meter beslaan, het ook drie slaapkamers, twee badkamers, en ‘n enkel motorhuis plus afdak vir ‘n addisionele voertuig.

Hierdie eiendom bied ‘n verskeidenheid opsies aan die slim belegger. Koop slegs een eenheid met jou eie titelakte, of gryp die geleentheid aan om albei teen ‘n afslagprys te bekom. Of jy dan kies om in een te woon en die ander te verhuur of uitgebreide familie te akkommodeer, die moontlikhede is eindeloos.

Hier ‘n jou kans om deel te word van die kuslewe waarvan jy altyd gedroom het. Kontak ons vandag nog om ‘n privaat besigtiging te reël en maak hierdie kuswoning jou eie!
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring