Die Perfekte Gesinswoning Wag in Bayview, Hartenbos

R 4 100 000

Spesifikasie
Kenmerke
Diere Vriendelik, Plaveisel, Tuin, Omheinde Erf, Ingeboude Kaste, Siersteen Huis, Kombuis met op was area, 2 x 5000 L Water Tanks
Beskrywing
‘n Pragtige 4-slaapkamer gesinswoning wag vir jou in ‘n stil straat in die gesogte Bayview, Mosselbaai. Hier kan jy saam met jou gesin ‘n nuwe hoofstuk van gemak, gerief, en ‘n kusleefstyl begin.

Hierdie eiendom is ideaal ontwerp vir gesellige familiebyeenkomste, en perfek geleë om die vreugde te beleef van kinders wat op die nabygeleë Bayview-strand speel, terwyl jy die vrede ervaar van ‘n gemeenskapsgeoriënteerde leefwyse.

Ligging Kenmerke: Geleë in die hartjie van Bayview, is hierdie woning ‘n oase vir gesinne. ‘n Bekende laerskool, die gewilde Hartenbos-vakansiesentrum, en die Bayview-strand verseker dat noodsaaklikhede en gerief binne jou bereik is. ‘n Kort 5-minute rit neem jou tot by die hoof Hartenbos Blouvlagstrand, ATKV-sentrum wat ‘n oorvloed van ontspanningsgeriewe bied, restaurante, en inkopiesentrums.

Kenmerke van die Buitekant van die Huis: Deurdagte ontwerp is sigbaar in die siersteen-konstruksie – ‘n groot pluspunt vir lae instandhouding in ‘n kusgebied. Aan die voorkant van die huis word die uitgestrekte geplaveide areas versag deur ‘n bekoorlike grasperk en blomdraende struike. Twee 5000-liter watertenks voed die tuin, en sal jou beslis help om te bespaar op jou munisipale waterrekening. Sekuriteit is van die uiterste belang met diefwering voor alle vensters wat oopmaak. Die L-vormige motorhuis, ontwerp met ekstra hoogte, akkommodeer ‘n karavaan, terwyl ‘n dubbele onderdak-area addisionele parkering bied.

Kenmerke van die Binnekant van die Huis: Die binneafwerking in neutrale kleure, skep ‘n veelsydige agtergrond vir jou persoonlike styl. ‘n Groot sitkamer verwelkom jou, terwyl die oopplan-kombuis en eet-area prakties uiteengesit is.

Die kombuis is ‘n kulinêre plesier met ‘n ingeboude dubbeldeur elektriese oond, ‘n gaskookplaat, volop kaste, werksoppervlaktes, en ‘n gerieflike ontbyt-toonbank. ‘n Aparte opwas-/wasgoed area voeg praktiese waarde by.

Vier ruim slaapkamers, elk met ingeboude kaste, bied die perfekte akkommodasie vir ‘n groot gesin. Die uitleg maak dit moontlik om een slaapkamer te omskep in ‘n werk-vanaf-huis kantoor. Drie van die slaapkamers wat noord front, kyk uit op die pragtige agtertuin. Die hoofslaapkamer het ‘n volledige en-suite badkamer, terwyl ‘n tweede volledige badkamer die oorblywende slaapkamers dien.

Bonus Kenmerke: ‘n Toegeboude stoep met ‘n uitsig oor die tuin en ingeboude braai, is net reg vir vrolike familie byeenkomste, regdeur die jaar. Of jy nou ‘n stil leeshoekie soek of ‘n rustige plek om te ontspan met jou oggendkoffie, hierdie spasie pas by jou leefstyl aan. Daarbenewens maak ‘n een-slaapkamer ouma-kothuis hierdie eiendom nog meer veelsydig. Dit kan ‘n huurinkomste moontlik maak, is geskik vir ‘n ouer kind wat privaatheid benodig, of dit kan dien as ‘n veilige woonplek vir ‘n geliefde ouer.

Bayview word bedien deur die beroemde Mosselbaai munisipaliteit, daarom is jy verseker van uitnemende dienslewering in ‘n omgewing wat bekend is as ‘n top-vlak semigrasie-bestemming. Met die Tuinroete wat deurentyd meer gewild raak, bied hierdie eiendom ‘n beleggingsgeleentheid wat net kan toeneem in waarde.

Gryp vandag die geleentheid aan om jou gesin ‘n veilige, rustige woning te bied binne bereik van inkopiesentrums, ontspanningsgeriewe, wêreldklas mediese fasiliteite, en finansiële voorspoed.

Moenie wag nie, kontak ons om ‘n besigtiging te reël—jou droom leefstyl wag!
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring