Pragtige Woonstel in Hartenbos – ‘n Idilliese Kusleefstyl

R 2 620 000

Spesifikasie
Kenmerke
Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Toesluitmotorhuis, Buitebraai, Kombuis toegerus met ingeboude oond, kookplaat en waaier, Gelamineerde vloere, Grondvloer eenheid, Braaistoep – toegemaak met glas skuifdeure, Meubels ingesluit soos per inventaris, Vloere: vinal vloere
Beskrywing
ALLEENMANDAAT

Is jy op die uitkyk vir ‘n onberispelike woonstel in ‘n gesogte kompleks in die hartjie van Hartenbos? Dan moet jy verder lees! Hierdie eiendom is die perfekte plek om die vreugdes van die kuslewe te ervaar, met vele geriewe en vermaaklikheidsaktiwiteite wat hierdie lieflike kusdorp bied.

Algemene Kenmerke van die Kompleks
Die netjiese kompleks spog met uitgestrekte grasperke, wat ‘n gevoel van ruimte en rustigheid skep. Die kompleks is naby die gewilde Hartenbos Seefrontkompleks geleë, en is dus net ‘n kort stappie weg van winkelsentrums, die see, en verskeie vermaaklikheidsareas.

Prima Ligging
Die ligging van die eiendom bied ‘n verskeidenheid vir mense wat hou van die lewendige energie van bedrywige aktiwiteite. Hier kan jy die perfekte balans vind tussen ontspanning en opwinding.

Kenmerke van die Woonstel (meubels ingesluit by die prys)
Hierdie pragtige woonstel bied alles wat ‘n gesin nodig het vir ‘n gemaklike en stylvolle lewe:

• 3 Slaapkamers: Ruim en toegerus met volop ingeboude kaste.
• 2 Badkamers: Moderne afwerking met pragtige vinal vloeroppervlaktes.
• Kombuis: Volop ingeboude kaste, ‘n ingeboude oond, kookplaat, en uitsuigwaaier. Daar is ook plek vir ‘n wasmasjien en tuimeldroeër.
• Leefarea: ‘n Gerieflike toonbank eetarea tussen die kombuis en leefarea skep ‘n gesellige ruimte vir gesinsmaaltye.
• Binne Afwerking: Neutrale, aardse kleure en baie mooi gelamineerde vloerafwerking.

Pluspunte
Die grondvloerwoonstel het ‘n ingeboude braai by die onderdakstoep met glas skuifdeure wat ‘n gesellige kuierplek skep, ideaal vir enige seisoen. Hierdie area lei na lieflike groen grasperke, perfek vir kinders om te speel of vir buitelug-ontspanning.

Daar is ook ‘n toesluit motorhuis vir die woonsteleenheid, wat ekstra gerief en veiligheid bied.

‘n Leefstyl van Gerief en Genot
Hierdie woonstel is die ideale vakansieplek vir ‘n gesin wat hou van die vele vreugdes wat vakansies by die see bied. Die talle vermaaklikheidsaktiwiteite by die Hartenbos Seefront, net ‘n klipgooi van die kompleks af, sal sorg vir onvergeetlike herinneringe.

Eiendomsbelegging
As ‘n eiendomsbelegging het die woonstel ‘n uitstekende verhuringspotensiaal in hierdie gesogte kusdorp. Dit is ook baie naby aan ‘n uitstekende laerskool geleë, wat dit ideaal maak vir gesinne wat permanent by die see wil bly.

Lewenstyl in Hartenbos
Hartenbos, geleë in die pragtige Tuinroete, is ‘n gewilde semigrasie bestemming. Die dorp word uitstekend bestuur deur ‘n Munisipaliteit wat talle toekennings verower het vir uitstaande dienslewering. Ontwikkeling en instandhouding van infrastruktuur vind deurlopend plaas, wat die dorp ‘n veilige en gerieflike leefomgewing maak.
Moenie hierdie geleentheid mis om deel te word van die Hartenbos-leefstyl nie. Kontak ons vandag vir ‘n privaat besigtiging en ontdek die betowering van hierdie pragtige woonstel.
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring