Maak jou drome ‘n werklikheid, in lieflike Hartenbos

R 2 400 000

Spesifikasie
Kenmerke
Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Teël Vloere, Tandem Motorhuis
Beskrywing
Welkom by jou droombestemming in die hartjie van Hartenbos – die juweel van die Tuinroete, waar somervreugde en eindelose vermaak op jou wag. Maar dalk wil jy nie in die middel van die vakansiegewoel bly nie. Daarom is ons opgewonde om jou meer te vertel oor hierdie dubbel-vlak toevlugsoord in die gesogte Meeu ‘n Dal-kompleks in Seemeeu Park, Hartenbos.

Stel jou voor: ‘n luukse oase in ‘n stil omgewing, en tog is jy net ‘n klipgooi weg van inkopiesentrums, restaurante, en al die ander noodsaaklikhede van die lewe.

Jou eie stukkie paradys is maar net ‘n klein aftand geleë van ‘n gewilde laerskool, dagversorgingsentrums, en ‘n verskeidenheid mediese dienste. En wees gerus, al die strandliefhebbers, want selfs gedurende die hoogtepunt van die vakansiebedrywighede, behoort jy binne 10 minute tot by die gewilde Hartenbos-Seefront te kan ry. Hier kan jy heerlik koop, kuier, eet, of op die veilige, skilderagtige wandelpad gaan stap of draf.

Hierdie woning bied ‘n legio van opsies – ‘n geliefde gesinshuis, ‘n plekkie-by-die see om van die stadsgewoel te ontsnap, of dalk is dit jou toekomstige aftreehuis.

En, natuurlik is die eiendom ook ideaal geleë vir beide lang- en korttermyn-verhuring.

Die wonings in hierdie goed-versorgde kompleks word verbind deur geplaveide opritte. Terwyl jy na jou huis ry, word jy verwelkom deur ‘n aansig van lae-
onderhoud siersteen buite-afwerking, geteëlde dakke, en ‘n dubbel motorhuis – verstandige keuses vir kuswoonplekke.

Met die intrapslag, sal jy betower word deur die ligte, neutrale palet, wat jou die geleentheid bied om vrye teuels aan jou unieke dekoratiewe idees te gee. Styl en elegansie is die wagwoord by die keuse van moderne beligting, blinders, en vloerteëls in al die gedeelde leefareas. Die oop houtdakkappe in die leefarea skep ‘n aangename, warm kontras met die andersins ligte afwerkings. ‘n Oorvloed vensters op hierdie vlak skep ‘n ware toevlug van lig, en nooi die natuurskoon binne.

Die boonste vlak is jou ruim oopplan koninkryk waar die kombuis, eet- en leefareas saamvloei. En hier is nog ‘n verassing – die sit-area loop uit op ‘n
beskutte braai-oase, perfek vir gesellige somer-braaivleisaande saam met familie of vriende.

Die kombuis spog met ingeboude geriewe en ‘n oorvloed kaste. ‘n Ontbyttoonbank dien as ‘n ekstra eetplek of ‘n gerieflike werkspasie vir jou kos-
skeppings. ‘n Aparte opwaskamer verseker dat niks afbreuk doen aan die kalm, stil atmosfeer van jou leefarea nie.

Die slaapkamers het almal wit, ingeboude kaste en stylvolle gelamineerde vloere. Een slaapkamer is geleë op die boonste vlak met sy eie badkamer. Op die laer vlak is daar nog twee slaapkamers met ‘n gedeelde badkamer, en ‘;n aparte toilet/wasbak-kamer.

Stel jou ‘n lewe voor waar elke dag ‘n strandvakansie kan wees. Dit is tyd om jou drome waar te maak. Laat jou reis begin – skakel nou vir ‘n persoonlike besigtiging of vir verdere inligting.
Marietjie
Marietjie Van der Vyver