Veilige woning in Hartenbos met vele moontlikhede

R 2 520 000

Spesifikasie
Kenmerke
Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Teëldak, Siersteen Huis, Kamers het matvloere, Toegangshek, Vesel Geïnstalleer, Teël Vloere, Koopkrag, Toesluitmotorhuis, Kombuis toegerus met ingeboude oond, kookplaat en waaier, Vloere: Slaapkamers (Mat) Kombuis, badkamers en leefareas (Teëls), Konstruksie: Lae-onderhoud siersteen met teëldak en aluminium vensterrame, Konneksies vir wasmasjien en skottelgoedwasser, Wendyhuis vir ekstra stoorplek, 2 200 ℓ Watertenk, Dakwaaiers
Beskrywing
Welkom by hierdie pragtige 3-slaapkamer eiendom, geleë in die gewilde Hartenzicht Sekuriteitskompleks in Hartenbos. Vir ‘n beter ligging kan jy nie vra nie. ‘n Rit van slegs ‘n paar kilometer neem jou tot by die Langeberg-winkelsentrum aan die een kant, of na die beroemde Hartenbos Seefront, winkels, restaurante en vermaaklikheidsareas aan die ander kant.

Hierdie veilige kompleks is ewe gewild onder jong gesinne en afgetredenes. Die siersteenkonstruksie, aluminium vensterrame en ‘n teëldak sorg vir laer onderhoud in ‘n kusstreek. Die eenheid het ‘n eie gevestigde tuin, en ‘n yslike 2 200 liter watertenk wat reënwater vir die tuin verskaf en terselfdertyd jou munisipale waterrekening laer hou.

Die enkelmotorhuis bied veilige parkering, terwyl ‘n motorafdak spasie vir twee ekstra voertuie bied, wat gerieflik is vir groter gesinne of wanneer gaste ontvang word. ‘n Pluspunt is dat jy direkte, veilige toegang tot die huis (kombuis) kan verkry deur die motorhuis. Dit maak dit net soveel makliker om vinnig jou inkopies van die motor na die huis te dra. Daar is ook ekstra spasie beskikbaar vir parkering om nog vyf voertuie te akkommodeer.

‘n Wendyhuis is gerieflik geleë om ekstra stoorplek te bied vir tuingereedskap, strandsambrele en -stoele, en die kinders se fietse.

Met die intrapslag sal jy dadelik besef dat die neutrale kleure van die binne-afwerking, van die vloerteëls tot by die kleure van die kaste en muurverf, jou toelaat om jou eie dekordrome hier uit te leef.

Die oopplan-uitleg verbind die kombuis, sitkamer, en leefarea, wat ‘n gevoel van eenheid skep, perfek vir gesinsaktiwiteite en om gaste te onthaal. Die binnebraai-area sal natuurlik ook ‘n gewilde bymekaarkomplek wees – van winter tot somer.

Veiligheid is van die uiterste belang vir almal en met diefwering, veiligheidshekke, en die ekstra gemoedsrus van ‘n veilige kompleks met ‘n afstandbeheerde ingangshek, kan jy rustig slaap.

Die uitstekende laerskool wat net ‘n klipgooi van hierdie eiendom geleë is, maak dit ‘n perfekte woning vir gesinne met jong kinders. Maar, veelsydigheid is hier die wagwoord! Of jy nou op soek is na ‘n gerieflike gesinshuis, ‘n inkomste-genererende belegging met uitstekende lang- en korttermyn verhuringspotensiaal, of ‘n rustige aftreeplekkie, hierdie eiendom voldoen aan al die vereistes.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie—kontak ons vandag nog om ‘n besigtiging te reël.
Marietjie Eiendomme - Louise Meiring
Louise Meiring